BLOM
RENOSTER FON TYN(1794)


circle24_purple.gif
Sien BLOM stamregister circle24_purple.gif

Net anderkant die Hottentots Hollandberge, nie meer as 'n uur en 'n bietjie se ry van Kaapstad nie, lê die OVERBERG. Dit is 'n gebied ryk aan natuurskoon, landbou en dierelewe wat die BLOM's, inwoners en ander besoekers oor die jare heen bekoor het.

Dit is dan ook hier waar die eerste BLOM, ene Johannes, in 1733 gebore is en op 5 April 1733 gedoop is. Hy trou op 18 Maart 1759 met ene Johanna Catharina Swart van die plaas Heuningrug en kom boer op die plaas Rhenosterfontein. Haar broer was die bekende President CR Swart se oupagrootjie. Hierdie Swart-familie het ook bekendgestaan as die Zoetensdalsvlei se Swarts. Baie van die BLOM's boer nog op die oorspronklike familieplase, soos Rhenosterfontein, Zoutpansvlakte en Holdrift.

Die afstammelinge van Johannes BLOM en Johanna Catharina Swart het hulle spesifiek toegelê op Landbou, Onderwys en Godsdiens en is vandag van die bekendste Kaapse Families hier aan die Suidpunt van Afrika.



                                                        


WAAR KOM ONS VANDAAN?

Ons stamvader, Jan Pieterse Blom kom van Gerhausen, Duitsland. Op 09-05-1714 arriveer hy met die Westhoven(Die skip(2215.5) het vertrek van Wielingen op 29-01-1714 en het gearriveer op 28-08-1714 te Batavia. Die kaptein was Pieter Buis.Slegs 21 van die 178 passisiers het in Kaapstad aan wal gestap.) waarop hy 'n mattroos was, in Suid Afrika waar hy van 1715 tot 1719 as messelaar in diens van die H.O.I.K was. In 1723 het hy burgereg verkry. Ons stammoeder, Anna Catharina Lorenz (1699) van Rostock Duitsland. Hulle trou op 4 Augustus 1724 in Stellenbosch. Hulle het drie dogters en 'n seun gehad, vandaar ons stamvader JOHANNES BLOM. (12 kinders gehad)

Die bekende BLOM's was Johannes getroud met Johanna Catharina Swart, Daniël Johannes getroud met Dina Maria Taljaard, Louis Cornelius getroud met Dina Maria Uys, Daniël Johannes getroud met Dina Elizabeth Taljaard, Mathys Johannes getroud met Cornelia Maria Human. Cornelis Janse was die seun van Daniël Johannes. Cornelis Janse was getroud met Cornelia Gertruida BLOM. Cornelis se seun was, Daniël Johannes was ook bekend as Oupa Dial van Zoutpansvlakte. Sy ander broers was Jurie Johannes, Louis(Lewis), Cornelius(Nose).


 

Louis Cornelis BLOM, b. 11-06-1815, (son of Daniel Johannes BLOM and Dina Maria TALJAARD) d. 21-09-1902. He married Dina Maria UYS, 18-03-1838 in Caledon, b. 13-06-1820 in Caledon distrik, (daughter of Cornelis Janse UYS and Cornelia Geertruida HUMAN) d. 01-01-1905.
Daniel Johannes (Dial) BLOM Daniel Johannes (Dial) BLOM, b. 24-10-1873.
He married Aletta Johanna (Lettie) VAN PAPENDORP, b. 28-08-1882, (daughter of Petrus Johannes (Piet) VAN PAPENDORP and Johanna Susanna (Hannie) KLEINSCHMIDT) d. 07-02-1951, Woodstock.

Die bekende Friesperd Telers, Jurie en Uys BLOM, se seuns boer nog op die ou familieplaas, Rhenosterfontein, Zoutpansvlakte en Holdrift. Volgens die argiewe het Daniël Johannes gebore in 1784, met die eerste pampoenlys-opgaaf in 1813, sowat 216 aanteelperde in sy besit gehad. Die groot voorliefde vir diere, veral perde is nog steeds daar.

Ons verwelkom enige ander inligting en foto's oor die familie en hoor graag daarvan.
Ons eerste saamtrek op 20 Desember 2003 te Soutpansvlakte van Theo BLOM was 'n reuse sukses.


www.viewoverberg.com/Bredasdorp.asp
"The massive milkwood tree on the farm Rhenosterfontein is a national monument, considered to be one of the largest of its kind. The durable timber derived from the milkwoods was used in the past for building boats, bridges and mills."

Volgens my inligting is daar nie 'n familiewapen vir die bekende BLOM familie nie.

Indien u die stamregister wil help voltooi - Kontak Elma Human
028-3164586 of
eahuman@telkomsa.net

 


Daar word 'n fees beplan in 2014 om die 300 jaar bestaan van die Blom familie in Suid Afrika te herdenk.
Jan Pieterse Blom het op 09-05-1714 met die Westhoven arriveer aan die Kaap.


Belangstellendes asook idees en voorstelle - stuur asb. aan:
blomwe@lantic.net


KONTAK : THYS BLOM
blomwe@lantic.net
Hugo Naudelaan 18
WORCESTER
6849